Gemeente Bedienings
Ons gemeente is nie net in Kimberley en in ons gemeente besig en betrokke nie, maar ook verder.
Hieronder word al ons bediengs gelys en inligting gegee oor elkeen. Loer gerus en kontak ons indien jy enige vrae het.
Missionale Bediening
As verskilmakers in God se Koninkryk sien ons die nood raak en reik ons uit met verskeie projekte in ons dorp en ook wêreldwyd. Ons Missionale Bediening is na buite gerig en is op verskeie vlakke betrokke by ons gemeenskap en wyer.
Lees meer hier.
Diakonale Bediening
Om lidmate in nood, siekte, krisisse en swaarkry te ondersteun, by te staan en emosioneel te dra. Ons is ook betrokke met kospakkies vir gesinne in ons gemeente wat finansieel swaarkry. Ons Diakonale Bediening is na binne gerig en is verantwoordelik vir die versorging van ons gemeente se lidmate.
Lees meer hier.
Gefokusde Pastorale Bediening
Om na die pastorale (geestelike) behoeftes van die gemeente om te sien in samewerking met die Predikante. Die span verantwoordelik hiervoor word uitgemaak uit opgeleide beraders, predikante en lidmate wat ’n passie het vir ander mense.
Lees meer hier.
Ampsbediening
Om die struktuur en werksaamhede van ampsbediening te beplan, te rig, te koördineer, leiding te gee en tot uitvoering te bring. Dit behels die deurlopende motivering, toerusting met kennis, beskikbaarstelling van hulpmiddels en bemagtiging van leiers in die gemeente en lidmate op verskillende vlakke om hul roeping en taak uit te leef. Lees meer hier
Eiendom kommissie
Die kommissie neem verantwoordelikheid vir die instandhouding, beheer, herstel, diens en netheid van die onroerende en roerende eiendom soos van toepassing. Lees meer hier.
Administrasie Kommissie
Die kommissie het twee fokuspunte, nl intern en ekstern.
Intern:
Administrasie: Om ‘n funksionele administratiewe stelsel te verseker.
Personeel: Om ‘n toegeruste personeelkorps te verseker.
Bestuur: Om deur effektiewe bestuur te verseker dat die administratiewe funksies doeltreffend funksioneer.
Finansies: Om die finansies effektief en doelmatig te bestuur.
Ekstern:
6% van inkomste word aan die NK Sinode oorbetaal.
1% van inkomste word aan die Ring van Kimberley oorbetaal.
Lees meer hier.